Speelkasteel
Speelkasteel
Videos
Wat is Speelkasteel?
Kontak ons
Speelkasteel
Speelkasteel
Videos
Wat is Speelkasteel?
Kontak ons
More
  • Speelkasteel
  • Videos
  • Wat is Speelkasteel?
  • Kontak ons
  • Speelkasteel
  • Videos
  • Wat is Speelkasteel?
  • Kontak ons

Meer oor Speelkasteel

Ons het 'n passie vir Afrikaans!

  

Ons het ‘n passie vir Afrikaans en voel dit is belangrik om ons kultuur te vier en ons wil graag dieselfde trots oordra aan ons kinders. Daar is so baie mooi liedjies wat ons geleer het toe ons klein was en nou ook vir ons kinders leer, maar daar is nie goeie kwaliteit videos van hierdie liedjies op die internet beskikbaar nie. Ons kinders word met Engelse liedjie-reekse groot gemaak en die liefde vir ons taal en kultuur word nie oorgedra nie.


Baie Afrikaanse gesinne het ook geimmigreer en hulle kinders kry nog minder blootstelling aan Afrikaans en daarom is dit belangrik dat ons hierdie gesinne ook help om vir hulle kinders die taal en kultuur te kan leer, al is hulle nie meer in ons land nie.


Speelkasteel se doel is om te begin met musiekvideos van bekende Afrikaanse liedjies en dit dan beskikbaar te maak vir almal om na te kyk. Ons beoog om verder uit te brei in Afrikaanse speletjies, verhale en ander middele waarmee ons ons kinders se lewens kan verryk in Afrikaans. 


Vir meer inligting

Videos

Die Wyse Man | Speelkasteel | Afrikaanse liedjies vir kinders | Bybel liedjies

 Sing saam met Didi en onthou om jou huis altyd 

op die rots (God) te bou.  

Laat ons skyn vir Jesus | Speelkasteel | Afrikaanse liedjies vir kinders | Bybel liedjies

 Sing saam met Ava en Henri en onthou om altyd jou liggie vir Jesus te skyn.  

My God is so groot | Speelkasteel | Afrikaanse liedjies vir kinders | Bybel liedjies

Sing saam met Nita en Henri en onthou dat daar niks is wat ons God nie kan doen.  

Kyk hoe dat die voëltjies vlieg | Speelkasteel | Afrikaanse liedjies vir kinders | Bybel liedjies

 Sing saam met Zola oor die voëltjies en die lelies en onthou dat jy jou oor niks hoef te bekommer nie, want God is altyd by jou en Hy sal vir jou sorg. 

So ry die trein | Speelkasteel | Afrikaanse liedjies vir kinders | Kinderliedjies

 Sing saam met Ajay en Khai oor die stoomtrein wat 

Kimberley toe ry.   

Daar’s ‘n hoender | Speelkasteel | Afrikaanse liedjies vir kinders | Kinderliedjies

  

Het julle geweet daar is ‘n hoender wat nie ‘n eier kan lê nie? Vir nog meer Afrikaanse kinderliedjies en ander bekende Bybel-liedjies vir kinders, maak seker dat jy aansluit by ons Youtube kanaal.

Vader Jakob | Speelkasteel | Afrikaanse liedjies vir kinders | Kinderliedjies

Ava is terug om vir ons hierdie gunsteling liedjie te sing! Vir nog meer Afrikaanse kinderliedjies en ander bekende Bybel-liedjies vir kinders, maak seker dat jy aansluit by ons Youtube kanaal.  

Bobbejaan klim die berg | Speelkasteel | Afrikaanse liedjies vir kinders | Kinderliedjies

 Sing saam oor die lastige bobbejaan wat die boere kom vererg! Vir nog meer Afrikaanse kinderliedjies en ander bekende Bybel-liedjies vir kinders, maak seker dat jy aansluit by ons Youtube kanaal. 

Wielie Walie | Speelkasteel | Afrikaanse liedjies vir kinders | Kinderliedjies

 Hierdie liedjie is een van ons gunsteling liedjies om vir ons kinders te leer!  

Jan Pierewiet | Speelkasteel | Afrikaanse liedjies vir kinders | Kinderliedjies

Sing en dans saam op hierdie bekende een! Wie kan nog die dans onthou? 

Die Speelkasteel Karakters

Volg ons op Youtube vir die nuutste liedjies in Afrikaans!

Kontak ons

Ons hoor graag van jou!

info@speelkasteel.com

Stuur boodskap

This site is protected by reCAPTCHA and the Google Privacy Policy and Terms of Service apply.

Cancel

Copyright © 2025 Speelkasteel - All Rights Reserved.

  • Speelkasteel
  • Videos
  • Wat is Speelkasteel?
  • Kontak ons

Powered by

This website uses cookies.

We use cookies to analyze website traffic and optimize your website experience. By accepting our use of cookies, your data will be aggregated with all other user data.

Nee, dankieDis okay